Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Viersprong

Viersprong

Agtergrond tot die Viersprong-bundel
Die idee vir hierdie bundel het een warm aand onder groot bome in 'n Pretoriase tuin vlam gevat. 'n Bundel vol lekkerlees-verhale, voorheen gepubliseerdes sowel as splinternuwes, vir vroue soos ons. Ons het later besluit om meer nuwe verhale in Viersprong op te neem en minder voorheen gepubliseerdes, aangesien laasgenoemde deur voorskrifte wat betref tema, styl, lengte en taalgebruik op hok gehou is. En ons wou tog uit die hart skryf, wat ons reggekry het. Verhaaltemas in die bundel wissel van rare vriendskappe, weerlose mense, die reislus, die baie vorms van liefde, keuses wat gemaak word en vrede wat gevind word.

Wie is ons mark?
In die Voorwoord van die bundel word 'n klomp voorbeelde genoem van hoe ons mark is - en dit is almal mense wat aan die skrywers van Viersprong bekend is. Daar is gewis baie interessante vroue hier te lande - daar is 'n 99% waarskynlikheid dat jy self een is.
'n Kort definisie: ons leser is die tipe vrou wat, as sy 'n meevallertjie kry, dit eerder op reis as nuwe kombuiskaste (wil) spandeer.

Hoekom noem hierdie vier skrywers hulself Die Ongewone Engele?
Ons reken ons kn engeltjies gewees het as ons harder probeer het, en wie wil nou ordinr wees?
Die Ongewone Engele is: Annemari Coetser (voltyds kunstenaar en gepubliseerde kortverhaalskrywer); Nadia de Kock (besigheidsanalis, gepubliseerde kortverhaalskrywer en versorger van LitNet se ReisNet); Trisa Hugo (sakevrou en bydraer tot Kaap Rapport) en Anel Heydenrych (onderwyser en aspirantskrywer).

Meer oor die verhale in die bundel
Twee van die verhale speel in 'n inrigting vir geestesongesteldes af: Terence en Sammy is 'n liefdesverhaal met 'n verskil en Skietsie is 'n klein gemmerkatjie wat as troeteldier deur die inrigtingspersoneel aangeskaf word.

Rofl jy, Stoffel? is die verhaal van 'n vrou wat kuberseks ondersoek - om ingelig te bly ter wille van die heil van haar kinders. Sy beland op Moonlight Bay en die poppe begin dans. Die verhaal is so vaardig geskryf dat jy dit selfs vir jou groottante Koba kan gee om te lees.

Daar is 'n paar ware verhale, vermom as fiksie, in die bundel opgeneem: Die gang vertel die verhaal van drie vroue op die eerste vloer in Pretoria vrouegevangenis; dis hier waar die terdoodveroordeeldes aangehou is. Die geskenk (Frhe Weihnachten) vertel van 'n rare vriendskap en 'n geskenk wat aan 'n terminaal-siek vrou gegee is, maar wat 'n groter geskenk was aan de wat dit gegee het, lank n hul vriendin se dood.

Terug skool toe is 'n ongewone renie-verhaal en Skryf my storie vertel van 'n ou vrou se dagboekinskrywings wat sensitiewe leserharte sal breek.

Renkarnasie is die tema van 'n uitsonderlike liefdesverhaal getiteld Strooiduin. In Die bus na Hart-se-Loop maak ons kennis met Tannie Marthie, 'n sewentigjarige vrou wat in die Landbou Weekblad adverteer vir'n maat . wat sy eers wil uittoets. Sy stel nie belang in dwepers of trutte of sukkelaars nie; Tannie Marthie soek 'n geil man en gaan sistematies te werk om elke naweek te keur onder belangstellendes. En as die kandidaat nie die mas opkom nie kyk hulle Noot vir Noot of speel rummy!

Daar is 29 kortverhale in hierdie bundel en die verskeidenheid temas wat gedek word is so wyd soos die blou hemel bo ons. Daar is beslis iets vir elke smaak.

Lizz Meiring het die volgende te s oor hierdie bundel:
"Skryf is nie speletjies nie. Veral as mens dit vir die eerste maal op so 'n groot skaal aanpak. Viersprong deur Die Ongewone Engele is soos 'n verrassingspakkie - jy wil jou kieste volstop met elke unieke kortverhaal. Ek het gelag, gehuil, gewonder, gebloos, en geniet. Wie s ontspanningsleesstof kan nie topkwaliteit wees nie? Mag jy, die leser, ook nog lank die soet, sout en sonderlinge smaak van di vier vroue se verhale in jou hart en siel, jou kop, en ook jou kieste proe."

Inligting
Viersprong word deur Sewe Kleure Boeke uitgegee en kos R135.00. Die boek is beskikbaar by alle bekende boekhandelaars in die groter sentra en plattelanders kan dit direk by die uitgewer bestel. Besoek die www.sewekleureboeke.co.za webwerf vir besonderhede.

Vir verdere navrae kontak Vincent Pienaar by 0824669991


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W