Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die Afrikaanse poësie in ´n duisend en enkele gedigte

Gerrit Komrij se magnum opus as bloemleser is die drieledige De Nederlandse poëzie van de 12de tot en met de 20ste eeuw in 3,000 en enige gedichten. Met Die Afrikaanse poësie in ´n duisend en enkele gedigte lewer hy die omvangrykste samestelling wat ooit uit ons poësieskat gemaak is.

Dit bestryk die tydperk 1652 tot 1998 - drie en ´n halwe eeu waarin die Nederlandse, Kaaps-Hollandse en Afrikaanse digkuns getuig van kolonisering, inheemswording, stryd om oorlewing, opstand teen onreg, verwondering oor die gruwels en skoonheid van suidelike Afrika.

Gerrit Komrij (1944) is in die Lae Lande bekend as digter, essayis, kritikus, roman- en toneelskrywer, vertaler en bloemleser. Hy is ´n vaste rubriekskrywer van die NRC Handelsblad waar hy ook gereeld aandag skenk aan die Afrikaanse poësie. Hy is ´n veelsydige kultuurkritikus met ´n skerp, polemiese aanslag. Die P.C. Hooftprys is in 1993 aan hom toegeken vir sy essays wat uitblink weens die virtuose styl. Sy gedigte is in 1994 versamel onder die titel Alle gedichten tot gisteren. Komrij woon sedert 1984 in Portugal.

Die Afrikaanse poësie in ´n duisend en enkele gedigte is een van die boeke wat Human & Rousseau by die Boekeparadys op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees bekendstel. Dit is ´n gesamentlik Suid-Afrikaanse uitgawe met Tafelberg uitgewers, oorspronklik in Nederland uitgegee deur Prometheus/Bert Bakker.

Skakel Jaco Scholtz by Human & Rousseau vir meer inligting by 083 303 0453, of stuur vir hom e-pos by jscholtz@humanrousseau.com


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W