Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Liquorice vir die lewe

'n Splinternuwe inspirerende titel deur die bekende dr. Nicky, deesdae landwyd bekend weens sy gereelde rubriek in Huisgenoot. Van sy vorige boek, Potrose, pêrels, varke en volstruise, is daar meer as 4 000 eksemplare verkoop. Met Liquorice All Sorts ģ as tema demonstreer Nicky Alpaslan dat mense verskillend mag lyk, dink en optree, maar dat almal op die ou end aan dieselfde wêreld behoort. En die geheim om te oorleef in hierdie pakkie multikulturele lekkers, is goeie interpersoonlike verhoudings met die mense rondom jou. In sy voorwoord sê Solly Ozrovech: "Ons word deur 'n mentor uitgedaag tot selfondersoek en haas onbewustelik gelei tot 'n nuwe perspektief oor die verhoudings in ons lewe. Dit is 'n onmeetlike bydrae tot die tyd waarin ons leef. Hy skryf met empatie, om die beste wat ten diepste binne-in elkeen van ons verborge lê na vore te bring . Hy is nooit voorskriftelik of prekerig nie, maar ons word tog deur sy dieper boodskap meegesleur en geÔnspireer." As 'n spesiale bonus verskyn daar 'n Dankbaarheidsjoernaal agterin. Maak dit deel van elke dag. Gebruik hierdie persoonlike joernaal as 'n alles-in-een-bron van al daardie datums wat spesiaal is in jůķ lewe - en beskou dit as die sement waarmee jy jou spesiale lewensverhoudings kan verstewig en verinnig, jaar na jaar.
Koop dit!


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W