Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Oop kaarte

Leandi is dapper en vrydenkend en het 'n lewensblyheid wat haar die komiese in elke situasie laat sien. Die liefdes op haar lewenspad het haar van verraad en jaloesie geleer, maar nou lei 'n toevallige ontmoeting met 'n gholfbal tot 'n ongewone nuwe liefdeservaring waarin sy en 'n getroude man met sy vrou se medewete sy verligte idees oor die liefde uitleef.

Dehlia skryf 'n brief: "Liewe God, ek gee hiermee amptelik, formeel en op skrif aan u my lyflikheid. Die lieflikheid van my seksualiteit en alles wat dit insluit, soos rillings langs my ruggraat af, tone wat van lekkerkry omkrul, lippe wat sag en soenbaar word, die hele kaboedel, gee ek aan u oor. U ken hierdie dinge, U het dit tog immers self uitgedink. Vat dit asseblief nou alles terug."

Dehlia 'n weduwee, byna 60, is nie 'n tradisionele ouma nie en daarom ontmoet sy mans op die Internet en onderneem deur middel van verhoudings 'n spirituele reis waarin sy die rowwe wÍreld daarbuite leer ken en haar eensaamheid, seksusaliteit, selfbejammering en ontnugtering leer hanteer.

Die twee vroue se verhale loop parallel met mekaar totdat hulle paaie uiteindelik kruis en dit vir hulle albei nuwe insigte bring. Lewensbeskouings oor die gemeenskap en die liefde word in hierdie roman ondersoek, veral in Leandi se gesprekke met haar vriende en in die gedagtewÍreld van die twee vroue, wat ook toon hoe hulle hul vrees konfronteer en genesing vind. Daar is baie humor en dikwels 'n lag met 'n traan, en tot by die verrassende slot stel die leser daarin belang om te weet of albei se proefnemings gaan slaag.

Die skrywer Annemari Coetser was 'n spoorwegkind. Sy het op klein stasietjies dwarsoor die land grootgeword en daar was nooit genoeg boeke in hulle huis om haar leeslus te bevredig nie. Daarom het sy maar by kerslig vir haar boeties en sussie stories vertel. Sy was mal oor opstelle skryf. Sy gaan werk in die groot stad Bloemfontein, trou jonk, woon in Amerika, NamibiŽ en Pretoria. So tussendeur swot sy biblioteekkunde en werk lank as bibliotekaresse. Sy skryf Siembamba-stories vir die radio en publiseer 'n paar kortverhale in tydskrifte.

Dit was lank gelede. Stel jou nou voor: 'n koel leeskring-tannie met 'n bril. Sy lyk bra konvensioneel, knus en gerus in haar kleurvolle duet in Pretoria, maar sy is iemand wat die norme van die samelewing tog 'n bietjie toets en bevraagteken. Sy hou daarvan om te reis, foto's te neem, te fliek, te lees, lees, lees. Sy is soms ernstig en denkend, maar haar skilderye is bont en kleurvol. Die lekkerste ding vir haar is om met vrolike mense om 'n tafel te kuier, veral as haar tafelgenote ook hoopvol en optimisties is. Sy is 'n paar mense se vriendin, 'n baie ou oom se dogter, 'n suster. Die humor en ondersteuning van haar drie liewe cheeky, lawaaierige kinders en hulle eggenotes bring balans in haar kalm bestaan. Daar is vier kleinkinders wat haar gewoonlik "OumŠŠ!" noem; die woord uitgespreek met 'n mengsel van akute tienerverleentheid, effense bewondering en deernisvolle liefde.

Na vyf alleenjare as weduwee is daar 'n nuwe liefde en reisgenoot in haar lewe. Paul en Annemari is in Desember 2006 getroud en sů het sy nog drie seuns en vier kleinseuns ryker geword. Haar lewe is vol en gelukkig. Sy glo in die krag van die liefde. In 2006 verskyn 'n aantal van haar kortverhale saam met drie ander skrywers s'n in die bundel Viersprong. Sy skryf graag lawwe kinderrympies en timmer tans aan 'n jeugverhaal.
Oop kaarteKoop / Buy Oop kaarte ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W