Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Mal- en ander stories

André P Brink het in die loop van verskeie jare 'n paar honderd sketse in Beeld, Rapport en later in die rubriek Dopstories in Wynboer gepubliseer. Tot die vreugde van duisende lesers is hierdie sketse in 'n keur van vier bundels, naamlik Die klap van die meul, Wyn van bowe, 'n Emmertjie wyn en Loopdoppies uitgegee. Die beste hiervan is nou in Mal- en ander stories byeengebring.

In hierdie sketse tref die leser dié skrywer in ontspanne luim aan: "vingeroefeninge", het hy by geleentheid self die stukkies genoem. Hulle vorm 'n lewendige en geskakeerde mosaïek waarin spot, humor, onnutsigheid en lekker stoutigheid getemper word met satire, weemoed en nostalgie.

By al hierdie skakeringe tref 'n mens byna deurgaans iets aan van daardie onhebbelikheid, moedswilligheid of snaaksheid wat jou die ongewone in die gewone laat raaksien en jou weer opnuut in die mens en sy onvoorspelbaarheid laat glo.

Hierdie bundel is vir die leser wat proe-proe wil lees en herlees, sommer vir die genot van lekker lag of vir 'n oomblik van stilsit en nadink. En hoekom sal mens nie ook 'n bietjie plesier in die lewe hê nie?

André P Brink is een van ons bekendste en gewildste Afrikaanse skrywers. Hy is bekend vir sy veelsydigheid, soos wat hy weer eens met hierdie publikasie bewys.

Mal- en ander stories word deur Human & Rousseau uitgegee. Skakel vir Jaco Scholtz by (021) 423-3911 as jy dit nie by jou naaste boekwinkel in die hande kan kry nie. Sy e-posadres is jscholtz@humanrousseau.com.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W