Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

'n Rooi Z4 en 'n renaissance-kasteel

Die meeste Suid-Afrikaners ken die voortrekkermonument en die Uniegebou in Pretoria, maar wie sal nou ooit aan plekke soos die Sunnypark-winkelsentrum of die Groenkloof Virgin Active as historiese bakens dink?

In hierdie onklassifiseerbare 'filofiksie'-werk vertel Johann Rossouw die geskiedenis van sy generasie se Pretoriase Afrikaners. Dit is die verhaal van hoe politieke ontnugtering en 'n geprivatiseerde leefstyl geboorte geskenk het aan 'n nuwe kulturele tipe en die opvolger van die jappies van die 1980's - die gnossies.

HoŽvlaktegnologie, charismatiese kerke en winkelsentrums kom teen mekaar te staan in hierdie boek waarin daar ook gewys word hoe hulle dan later saamwerk namate die Pretoriase Afrikaners vir hulself 'n nuwe soort laer trek teen die buitewÍreld.

Johann Rossouw het filosofie gestudeer aan die universiteite van Pretoria, Suid-Afrika en Lyon-3. Hoewel hy 'n gevestigde openbare kommentator en rubriekskrywer is - bekend vir 'Glasoog' in Beeld - is hierdie sy eerste literÍre werk.

n Rooi Z4 en n renaissance-kasteelRossouw woon in Pretoria en hy is die uitvoerende beampte van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), en redakteur van Die Vrye Afrikaan en die Afrikaanse uitgawe van Le Monde diplomatique.
Koop / Buy 'n Rooi Z4 en 'n renaissance-kasteel ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W