Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Ek, Joseph Daniel Marble

Ek, Joseph Daniel Marble

Joseph Marble is in 1964 gebore in een van die gevaarlikste bruin woonbuurte in Johannesburg, Western. Hy woon nou nog in die nabygeleë Newclare waar hy ´n lewe probeer maak deur motors te was. Op sesjarige ouderdom was hy reeds ´n junior lid van ´n berugte bende en dié boek is, soos die dramatiese titel sê, sy verhaal. Dit is ´n boeiende boek vol patos, liefde, seks, baie geweld, humor en goeie karakterisering, en dis boonop die eerste keer dat die bendewêreld waarvan mens daagliks in die media hoor, eerstehands in Afrikaans oopgeskryf word.

Die boek is meer as net ´n outobiografie. Dit is in eerlike blootlegging van ´n tot nog toe geheime deel van die Suid-Afrikaanse samelewing waarin baie mense vasgevang is. Die boek word beskryf as Suid-Afrika se eie Angela's Ashes, met iets van Triomf daarby.

Cecile Cillers skryf in Rapport: "´n Mens (word) aan die hart gegryp met die wete dat kinders, en hierdie kind spesifiek, in daardie afgryslike wêreld moet leef, en nog leef, want hulle ken geen ander nie ... ´n werklikheid wat onteenseglik onderdeel van ons land, van Suid-Afrika is. En daarvoor moet Joseph Marble lof ontvang. En hoort sy boek gelees te word."

Jakes Gerwel sê: "Ná die lees van Ek, Joseph Daniel Marble sal niemand kan sê: Ek het nie geweet die lewe in ´n Suid-Afrikaanse township lyk soms só nie. Dis ´n unieke leeservaring - in Afrikaans, maar ook in enige taal."

Die boek word ook beskryf as ´n onthullende outobiografiese vertelling deur ´n welsynskind en voormalige bendelid. Dié rou eerlike stuk skryfwerk - getemper met menslikheid en humor - kon net kom van iemand wat dié soort lewe aan sy lyf gevoel het.

Daar is selde ´n tekort aan kos en klere in die Marble-huishouding want drank en dwelms verkoop goed en dis juis sy ma se handeldryf hiermee wat haar in die tronk en die kinders in pleegsorg laat beland. Op elke ander terrein is die lewe ´n stryd en die emosionele en ander letsels wat die kinders opdoen gee min van hulle die kans om bo hulle omstandighede uit te styg.

Dis nie ´n boek vir lesers wat maklik geskok raak nie. Die geweld, uitbuiting en seksuele molestering waaraan die kinders en hulle ouers blootgestel word gryp mens aan die hart. Die vroue van Western ag hulleself byvoorbeeld gelukkig as hulle "net" verkrag word - want daar is ander wat dit glad nie maak nie.

Ek, Joseph Daniel Marble is ´n skreiende blootlegging van ´n stuk van die Suid-Afrikaanse samelewing wat grootliks geïgnoreer word en wat aandag en meelewing verdien. Miskien dra die boek by tot positiewe ingryping in ander kinders se lewens.

Ek, Joseph Daniel Marble word uitgegee deur Kwela.
Koop/Buy Ek, Joseph Daniel Marble...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W