Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Dodelike vroue: Wanneer passie in bloed eindig

Diť nuwe boek in Chris Karsten se boeiende Ware Misdaad-reeks volg kort op die hakke van Opspraak deur moord en Riller in die raaisel en verskyn gelyktydig met Verlore onskuld: Suid-Afrikaanse kinders wat moor en roof.

Die verhale van tien moorde waarby vroue betrokke was, word boeiend vertel. Groot Marico het sy roem grotendeels te danke aan Herman Charles Bosman, maar was ook in die nuus toe ouma Unita Green 'rotgif' op haar minnaar se toebroodjie gestrooi het. Die soel skoonheid Nina Olivier se ongesonde beheptheid met 'n prokureur van George lei uiteindelik tot albei se dood. Toe Mariť Krebs se man vir haar wil demonstreer hoe dit moontlik is vir 'n man om sy vrou lief te hÍ en steeds by ander vroue te slaap, loop sake vir hom ernstig skeef. En vir die eerste keer word die volle verhaal van die dood van Oscarwenner Charlize Theron se pa vertel. Die ander stories in die versameling is ewe opspraakwekkend.

Dodelike vroueWeereens slaag Chris Karsten daarin om werklike gebeure as dramatiese stories oor te vertel. En nogmaals maak hy volronde karakters van mense wat die gevaar gestaan het om blote misdaadstatistieke te word.
Koop / Buy Dodelike vroue: Wanneer passie in bloed eindig ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W