Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Sabbatsreis

Ilza Joubert

Annelie Botes is brutaal eerlik oor haarself in hierdie die outobiografiese verhaal.

Ons ervaar saam met haar hoe sy deur haar diepste seer worstel terwyl sy in Engeland 'n siek ou Engelse dame oppas. Verwyder van haar alledaagse bestaan kyk sy terug oor haar lewe, een van pyn (sy verloor beide haar ouers in matriek), huweliksontrou, aborsie, dobbelverslawing en vele ander teleuerstellings. Dit word 'n sabbatsreis waar sy probeer sin uitmaak van haar lewe, terwyl sy sin probeer gee aan 'n eensame , siek vrou en haar versteurde dogter se lewens.

'n Mens word ontroer deur haar totale eerlikheid oor haar eie swakhede en foute. Terselfdertyd getuig dit ook van 'n innerlike krag om bo mislukkings uit te styg.

Ek word weereens aangeraak deur die besef hoe keuses en omstandighede mens soms op 'n pad neem wat jy dalk nie sou kies of voorsien het nie. Annelie was 'n baie begaafde en musikale kind op skool, maar terselfdertyd ook baie hardkoppig. Sy raak swanger en trou net na skool, nadat sy beide haar ouers in matriek verloor. Haar lewe loop 'n pad van swaarkry, beide finansieel en emosioneel. Hoe sou dinge gewees het as sy nie haar ouers verloor het nie en dalk verder gaan studeer het?

Het die swaarkry haar sterker gemaak, haar skrywery diepte gegee? Hoe sal ons weet?

SabbatsreisOns leer haar ken as 'n baie intense mens, sy ervaar onder andere 'verwerping' deur haar Ma, omdat die jare lank getreur het oor 'n dogtertjie wat gesterf het 'n paar weke voor Annalie se geboorte. Iets soos haar man se snorkery en die bure se honde wat blaf dryf haar byna tot raserny. Sy leef amper in 'n fantasiewÍreld waar sy ervaar hoe 'n boom treur, net voordat sy hoor haar mentor Dalene Matthee is oorlede. In Engeland skep sy vir haar 'n 'Fairy Forest' waar sy in haar eie wÍreld kan 'wegraak' van die werklikheid van 'n Alzheimer pasiŽnt. En tog is dit juis die feit dat sy die lewe so intens ervaar wat maak dat sy mense om haar soos Luke, die versteurde dogter Clare se eggenoot, so fassineer.

Ons leer Annalie ken as 'n vrou met baie dimensies. Sy is hierdie toegewyde versorger wat Granny versorg, kos maak, huishou, tuinmaak en Luke se broeke verstel. Sy verdra Clare; die 'landlady' en Granny se dogter; se moeilike buie verby wat menslik is, maar haar eie man se snorkery en bure se honde raak vir haar een te veel. Sy is baie musikaal en speel orrel en gee musieklesse vir ekstra inkomste. Sy is empatiek, maar deins terselfdertyd nie terug vir enige een nie en sal nie skroom om haar sÍ te sÍ nie. Sy is gelowig, maar worstel terselfdertyd met dobbelverslawing. Sy glo soos 'n kind, maar haat terselfdertyd enige konvensies en sit menigmaal vas met die kerk. Sy is prakties en nugter, maar terselfdertyd skep sy haar eie droomwÍreld in haar 'Fairy Forest'.

'n Mens word vinnig deel van Annalie se lewe, jy kry begrip vir haar al stem jy nie noodwendig met haar saam nie. Sy forseer haar geensins af op jou nie, maar wek tog simpatie. Sy het die gawe om dinge goed te beskryf, soos byvoorbeeld waar sy praat van haar Ma se 'verdrietmelk' of iemand se siel wat 'bekanker' is. Sy verwys ook byvoorbeeld na haar Marietjiesuster of Coenboet. Op 'n plek skryf sy oor haar Pa en noem: 'Jou Pa is jou Pa en jy moet hom liefhÍ' wat baie veelseggend is.

Die boek dwing mens om jou eie sabbatsreis te onderneem en om die spoke in jou eie lewe in die oŽ te kyk. Haar eerlike sabbatsreis boei tot op die laaste bladsy.
Koop / Buy Sabbatsreis ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W