Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Voorkom uitbranding

Voorkom uitbranding

Die eise wat aan ons gestel word om produktief te wees en te presteer neem daagliks toe. Ons werk al hoe harder en langer om ons ideale te verwesenlik. In die gejaag verwaarloos ons ons gesondheid, en van ontspanning is daar omtrent geen sprake nie. Ons is so besig dat ons nie eens die gevaartekens van "uitbranding" kan raaksien nie.

Hierdie siekte is helaas nie meer 'n vreemde verskynsel nie. Ons leef in 'n wÍreld wat deur tegnici en uitvinders vir ons geskep is, waarin alles met slegs die druk van 'n knoppie gedoen kan word - vinniger, groter, meer. Ongelukkig het ons fisieke en psigologiese behoeftes en beperkings wat nie altyd by hierdie tegnologiese ontwikkelings kan byhou nie. Ons is nie fiks vir die geweldige tempo waarteen ons in hierdie wÍreld leef nie en die gevolg is dikwels uitbranding.

Voorkom uitbranding is 'n handleiding vir almal wat moeg is, geÔrriteerd voel en voel asof hulle hulle van ander mense wil afsonder, wil weghardloop en stilte wil gaan soek, want dit is van die gevaartekens wat wys op hierdie stresverwante siekte van ons tyd.

Endres se boek sal lesers help om die gevaartekens vroegtydig raak te sien, maar dit bied ook vaardighede en tegnieke wat hulle sal help om dit te voorkom en riglyne oor hoe om dit te oorkom. Dit is 'n werkboek met vraelyste wat lesers sal help om hul eie situasie in oŽnskou te neem.

Hierdie boek bied noodsaaklike leesstof vir mense wat verantwoordelik wil optree en betyds wil keer dat die wÍreld nie met hulle weghol nie. Dit kyk na die gevaar van uitbranding vanuit 'n Christelike oogpunt.
Koop/Buy Voorkom uitbranding...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W