Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Dubbel-dosis liefde

Dubbel-dosis liefde

Volgens opnames by skole is huise waar enkelouers aan die hoof is, deesdae verreweg in die meerderheid. Tog is daar min ondersteuning en werklike begrip vir enkelouers en hulle daaglikse dilemmas. Dubbel-dosis liefde is 'n Bybelse dagboek wat spesiaal geskryf is vir enkelvaders en -moeders met kinders van alle ouderdomme.

Die skrywer Patricia Lorenz het reeds meer as 400 tydskrifartikels oor die onderwerp geskryf vir onder meer Reader7´s Digest, Guideposts, Woman´s World, Working Mother en Single Parent Family. Sy is ook medeskrywer van vyf van die gewilde Chicken Soup for the Soul-boeke en is ook outeur van Stuff that matters for single parents.

Lorenz is self 'n enkelouer. In Dubbel-dosis liefde gee sy praktiese raad aan enkelouers oor hoe om die lewe met moed aan te pak en nader aan God, hulle kinders en ander mense te groei. Sy skryf met groot warmte, humor en deernis en moedig lesers aan om struikelblokke te sien as geleenthede om geestelik te groei. Daarby bied sy vele praktiese voorstelle oor hoe om dit te doen.

Dubbel-dosis liefde word uitgegee deur Lux Verbi.BM en kos R74.95.
Koop/Buy Dubbel-dosis liefde...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W