Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Tussen stasies

Daar het lanklaas in Afrikaans 'n roman soos Irma Joubert se Tussen stasies verskyn - 'n goed geskrewe, lywige roman wat 'n mens verlei om aan te hou lees.

Tussen stasies is die verhaal van Gretl, 'n Duitse weeskind van die Tweede Węreldoorlog en haar verhouding met Jakób, 'n Poolse soldaat wat haar een donker oorlognag gered het. Die verhaal volg Gretl uit Europa na Suid-Afrika waar sy deur 'n Afrikaanse gesin aangeneem word. Jakób bly in Pole agter en Gretl word 'n Protestantse Afrikanermeisie, gekoester in 'n gelukkige en vooruitstrewende gesin.

Mettertyd word dit egter vir haar al hoe moeiliker om vrede te maak met haar verskriklike verlede. En die enigste een wat kan help, is Jakób.

Tussen stasies is die aangrypende verhaal van twee mense wat stry teen sosiale en ideologiese magte wat dreig om hulle te vernietig.

Oor dié boek skryf Izak de Vries soos volg: "Ek het Tussen stasies stadig, aandagtig en met groeiende genot gelees. Dis 'n grootse roman, een wat die Afrikaanse letterkunde gaan verryk met die uitstekende storielyn, puik karakterisering, wonderlike navorsing en gewaagde taboes …"

Tussen stasiesOok Maritha Snyman skryf dat die verhaal haar van die begin af ingetrek en meegesleur het. "Die karaktertekening van beide Gretl en Jakób is uiters geloofwaardig. Hulle word mense waaroor ek bly dink het lank nadat ek die roman klaar gelees het …"

Tussen stasies sal geen leser onaangeraak laat nie.
Koop / Buy Tussen stasies ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W