Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Slym

Slym

Fanie Viljoen bly in Bloemfontein. Slym is sy eerste boek, maar hy het ook al verskeie kortverhale gepubliseer in tydskrifte. In 1999 was Fanie ´n finalis in die De Kat, Human & Rousseau kort-kortverhaal kompetisie. Sy verhaal is opgeneem in die bundel Vonkfiksie. Drie van Fanie se radiodramas is ook al op RSG uitgesaai. Twee van die radiodramas is bekroon met tweede plekke in onderskeidelik die beginner en ervare afdelings van die jaarlikse Sanlam/RSG radiodrama kompetisies van 2000 en 2002.

Slym, ´n slymerige wurm, word deur ´n voël gevang. Slym skrik so groot dat hy ´n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val by ´n skool vir paddas. By die skool vind Slym uit dat hulle besig is om ´n paddakonsert te reël. Dit laat Slym se kop oortyd werk, en met sy vriend Paddavoet se aanmoediging besluit Slym om die eerste wurm te word wat in ´n paddakonsert optree. Maar dit is egter nie so maklik nie. Slym sal eers by juffrou Plat Anna, Paddarotti en Giftand die slang moet verbykom ...

Slym is ´n boek vol opwinding, spanning en komiese gebeure. Dit word aanbeveel vir lesers van 8 tot 10 jaar. Of ouers kan een of twee van die kort hoofstukke elke aand lees vir ´n slaaptydstorie as die kleuter nog nie kan lees nie.

Die boek is 72 bladsye lank en bevat volop volkleur illustrasies, ook gemaak deur die skrywer. Die skrif in die boek is lekker groot vir jong lesers.
Slym is beskikbaar in die meeste groot boekwinkels.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W