Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Call me by my name

Call me by my name is nou wel nie ´n Afrikaanse boek nie, maar Afrikaanssprekendes sal waarskynlik net so baie baat vind daarby as ons landgenote wat een van die ander inheemse tale of Engels praat.

Call me by my name is die eerste boek vir algemene verspreiding wat nog ooit ´n lys en die betekenisse gee van Afrika eerste name - veral Nguni-name. Die meer as 2 000 Xhosa-, Zulu-, Ndebele- en Swaziname sluit diť in van bekende openbare figure en van persoonlike kennisse en vriende.

Die uitgewers, Kwela Boeke, sê die boek is baie nuttig vir ouers wat ´n naam soek vir ´n nuwe baba. En die proses word maklik gemaak want die alfabetiese lys van die name en hulle betekenisse in die eerste helfte van die boek, word gevolg deur ´n lys van al die name gerangskik volgens temas, soos Prestasie, Vermaak, Vrese en Bekommernis, Skoonheid, Geloof, Vertroue, Kulturele Identiteit, ensovoorts.

Die inleiding oor die Nguni-tradisie van naamgee verskaf ´n interessante, en vir baie lesers, miskien ´n brood-nodige raamwerk om die verskillende maniere waarop naamgewing in Afrika benader word, te kan begryp. En wie weet, as daar genoeg belangstelling is, kan daar dalk ´n Afrikaanse vertaling volg.

Die voorwoord is deur Khanyi Dhlomo-Mkize, die redakteur van die True Love-tydskrif.

Call me by my name word uitgegee deur Kwela.
Koop/Buy Call me by my name...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W