Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Stealing from Angels

Die derde geheim van Fatima

Francis May

'n Woorvoerder van Icon Films het bevestig dat Mel Gibson die regte gekoop het van Stealing from Angels deur die Ierse skrywer Brian Dullaghan. Die boek veroorsaak huidiglik 'n opskudding in Rome weens sogenaamde bewyse wat dit bevat dat die Vatikaan se weergawe van die Lucia brief (ook bekend as die derde geheim van Fatima) vals is. Dullaghan het 'n foto op die boek se omslag ingesluit wat hy beweer die oorspronklike nota is wat geskryf is deur Lucia Dos Santos in Tuy, Spanje in 1944. Jy hoef nie ver te kyk om te besef watter weergawe moontlik eg is nie. In Lucia se biografie sÍ sy duidelik: "I wrote the words in my own hand on simple plain un-ruled notepaper." Die Vatikaan is duidelik in die verleentheid gestel deur sy eie amptenary wat nooit Lucia se boek gelees het nie. Indien Gibson 'n film baseer op die storie van Fatima sal die derde geheim van Fatima beslis die fokus wees. Indien Dullaghan die brief gesien het is hy die enigste lewende persoon wat weet wat die inhoud is.

Lucia Dos Santos was 10 jaar oud op 13 Mei 1917. Terwyl sy skape opgepas het in Cova de Iria het 'n vrou, wat haar na bewering later identifiseer het aan haar as die GeseŽnde Maagd Maria, aan haar verskyn. Die verskyning het daarna maandeliks plaasgevind op die dertiende tot Oktober 1917. Net in Augustus van daardie jaar het sy nie die vrou gesien nie weens die feit dat die plaaslike anti-klerikale owerhede haar in die tronk gestop het). Tydens elke verskyning het die vrou haar aangemoedig om te bid, veral die Onse Vader, en offergawes te gee. Die vrou het ook sekere voorspellings vir die toekoms gedoen: Die einde van die Eerste WÍreldoorlog, die opkoms van kommunisme in Rusland en die res van die wÍreld, die uitwissing van nasies, nog 'n oorlog voorafgegaan deur 'n hemelse teken indien die mens nie bekeer nie en die leiding en vervolging van die goeie, veral die Heilige Vader. Op 30 Oktober 1930 het die biskop van Leiria-FŠtima, Josť Alves Correia da Silva, aangekondig dat verskynings legitiem is en het die publieke verering van die Maagd toegelaat onder die titel van Our Lady of the Rosary of FŠtima.

Op die ouderdom van 14 is Fatima toegelaat as 'n inwoner van die skool van die Susters van St. Dorothy in Vilar naby Oporto in die noorde van Portugal. Op 24 Oktober 1925 is sy toegelaaat tot die Instituut van die Susters van St. Dorothy as 'n postulant in die klooster in Tuy, Spanje, nie ver vanaf die Portugese grens nie. Dit is hier waar Lucia die laaste boodskap van die vrou wat aan haar verskyn het in 'n brief geskryf het, die derde geheim van Fatima. Die brief is na bewering na Rome gestuur. Lucia se instruksies was dat die inhoud van die brief op die dag van haar dood of op die eerste dag van 1960 aan die wÍreld bekendgemaak moet word. Die Vatikaan het destyds besluit om die inhoud van die brief geheim te hou.

Brian Dullaghan beweer dat die brief gesteel is uit die woonstel van Pous Johannes Paulus I op die 27ste September 1978. Op die 28ste September 1978 het die Vatikaan aangekondig dat Pous Johannes Paulus I dood is. Geen verklaring vir sy dood is verskaf nie.
Koop / Buy Stealing from Angels....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W