Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Verlange na meer

Terwyl die meeste van ons in die feestyd rondgehardloop het agter materiële dinge aan - in plaas daarvan om aandag te gee aan die geestelike waardes waaroor dié tyd van die jaar eintlik behoort te gaan - is ´n boek soos Dirkie Smit se Verlange na méér net wat nodig is om weer perspektief te gee.

Soos die uitgewer, Lux Verbi.BM, dit in die publisiteitsmateriaal vir die boek stel beleef baie mense, afgesien van die gejaag na besittings, ook die gevoel van vae onrus wat soms knaag - ´n leegheid, ´n onvervuldheid. Dirkie Smit kyk in dié besondere boek na die redes vir dié knaende behoefte aan iets meer as wat ons reeds het.

In Verlange na méér ontleed Smit die moderne mens se geneigdheid om te begeer: meer besittings, meer status, meer belewenisse, sukses, roem, ensovoorts. Dit bring mee, skryf hy, dat ons so ingestel is op onsself, dat die verlange immer toeneem en onvervuld bly. En so het die begeerte om meer en beter te hê en te wees as ons naaste wat ons bedreig, in die plek gekom van die verlange na God en ons naaste. Sodat daar in ´n wêreld waar alles om onsself en ons nimmer-versadigbare begeertes draai, skaars plek meer is vir God en vir ons naaste.

Smit gebruik Jesus se Gelykenisse in die Lukas-Evangelie om ons eie wêreld en leefstyl weer in oënskou te neem. Die inhoud is boeiend en Smit se onopgesmukte taal en gemaklik-vloeiende styl sorg vir heerlike leesstof. Hierdie werk is sielsverykend en bring ´n mens opnuut onder die indruk van die grootsheid en diepe bevrediging van eenvoud.

Dirkie Smit het die materiaal aanvanklik geskryf as ´n reeks vir Pinkster. In sy verwerkte vorm soos dit in Verlange na méér aangebied word, is dit besondere preekstof vir enigeen wat ´n boodskap moet bring, maar dit is ewe geskik vir lesers wat behoefte het aan iets méér.

Dirkie Smit is welbekend as teoloog, prediker, spreker en skrywer. Afgesien van talle ander publikasies, is hy ook verantwoordelik vir die gewilde weeklikse rubriek, Geestelike Waardes, in die Kaapse koerant Die Burger. Smit is professor in Christelike Studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland en in Sistematiese Teologie op Stellenbosch.

Verlange na méér word uitgegee deur Lux Verbi.BM en kos R39,95. Skakel Margot Luyt by 0860 231 231 as jy dit nie by jou naaste boekwinkel in die hande kry nie.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W