Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Balans in die lewe

Balans in die lewe


Hierdie boek is ´n vertaling van die internasionale topverkoper - A balanced life. Allan Loy McGinnis is ´n gesinsterapeut, korporatiewe konsultant en ´n gewilde radio- en televisiespreker.

Balans in die lewe is ´n praktiese handleiding vir mense wat in die gejaagdheid van die alledaagse lewe probeer om sinvol tred te hou en gefokus te bly. Dit lei diť wat voel dit raak dikwels onmoontlik om aan die hoë verwagtinge van jou werk te voldoen en terselfdertyd gelukkige, liefdevolle persoonlike verhoudings te handhaaf.

McGinnis gee nuttige en inspirerende riglyne om ewewig tussen al jou prioriteite te handhaaf en hy vermy kitsoplossings, maar gee praktiese raad. Die boek is veral gerig op volwasse mans en vroue en professionele mense.

Volgens McGinnis is die ideale resep vir sukses entoesiasme, dissipline, samewerking en aanpassing en in hierdie boek wys hy jou hoe om dit te bereik.

Balans in die lewe is deur Lux Verbi uitgegee. Dit is in sagtebandformaat en beslaan 240 bladsye. Die boek kos R54,00. Navrae kan gerig word aan die uitgewer by 0860 231 231.
Koop Balans in die lewe...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W