Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Sonja: Meisie van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja Herholdt

Thelma Nel

Sonja: Meisie van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja Herholdt Eerstens wil ek vir julle albei, Sonja en Carel uit my hart uit gelukwens met 'n puik 'pakket' - ek wil amper die woord draaiboek of produksie gebruik - as ek mag want dit kan net so gebruik word vir 'n rolprent. Carel jou skryf-vernuf is voortreflik, die omslag is stunning, die hele boek is fabulous. Mens kan dit net nie iewers laat ronlÍ en nie lees nie. Elke keer as ek die boek in my hande hou, streel ek oor die omslag en dit voel sag en skoon en duur en die fotos op die omslag is sů treffend. Die foto voor-op weerspieŽl wat binne is, 'the naked truth', die seer, die pyn maar veral jou 'humbleness' en dan die agterblad, weerspieŽl jou absolute oorwinning. Jy's 'n wenner Sonja!

Carel jou aanslag is merkwaardig. Jy boei die leser die hele tyd, nie slegs deur die verhaal wat jy vertel nie, maar die uitbeelding wat jy skep rondom Sonja. Dis so werklik dat mens die prentjie of toneel in jou gedagtes kan sien soos byvoorbeeld waar sy saam met haar ma na Ouma Lollies toe gery het, en sy in die stofwolk agter die kar in die grondpad agterbly. Dit was asof ek die stof kon ruik. Dis soos 'n movie wat voor mens se oŽ afspeel. Ek is natuurlik oortuig dat 'n Movie die volgende stap behoort te wees.

Ek het vir vyf aande non-stop gelees en nie een aand voor 12 uur gaan slaap nie. Die laaste aand van my journey saam met Sonja, het aangebreek en ek het benoud geraak, want ek wou nie dat die verhaal ophou nie. Dit was asof ek moes afskeid neem van Sonja en dit nadat ek haar dan nou tot op die been leer ken het en ek was hartseer want mens wil haar vashou en sÍ, sorry dat jy so seergekry het.

Die trugflitse terwyl jy op die verhoog en in die kleedkamer is, was vir my treffend. Jy vertel ietsie van jou gehoor en dan onthou jy iets. Dit was asof ek dit kon sien. Ek sien dit in elk geval elke keer wat jy optree en ek in die gehoor sit. Jy doen dit altyd want jy sing oor jou lewe. Dis onvermydelik. En die oogkontak met jou gehoor is altyd daar, ek weet mos.

Carel, jy het jouself oortref en ek sal vote vir 'n Pendoring- of 'n Sama-toekenning of wat se toekennings daar ookal is vir, skrywers. Die humor in die boek is aansteeklik en die gebruik van die paar vloekwoorde kon met geen ander woorde vervang word nie. Daar is net doeltreffend genoeg gebruik om die regte atmosfeer te skep en dit was die regte ding om te doen. Sonja, jy laat die leser toe om tot in jou siel in te kyk en jy deel jou leed met soveel oortuiging en trots en jy het van kindsbeen af geleer om te veg vir wat jy wil bereik in die lewe en daarom is dit vir my nie vreemd dat hierdie boek so 'n sukses is nie.

Ek voel bevoorreg dat ek jou boek kon lees en deel kan wees van jou lewe. Ek het soveel lewenslesse geleer en myself in soveel situasies gesien.

Al wat ek kan wens is dat die vrouens ťn mans wat jou boek lees dieselfde lesse daaruit sal neem wat hulle moet en dat hulle nie dieselfde foute sal maak as ons nie. Die jare en jare se abuse en die vergifnis en die weer probeer maar dis soos jy tereg sÍ, dis nie hoeveel keer jy platgeslaan word nie, maar hoeveel keer jy opstaan.

You go girl!


Koop / Buy Sonja: Meisie van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja Herholdt ...


Wouter Hugo

Eerstens wil ek die skrywer Carel F Cronje van Spiral Staircase komplimenteer op die manier waarop die boek geskryf is. Mens sou verwag dat die boek natuurlik vol harseer elemente sal wees, maar pittige /skerp segoed met baie humor is die boek vol en gee 'n baie goeie balans!. Die insluit van lirieke van die "Reconstructing Alice album" werk uitstekend in aansluiting met die hoofstukke wat daarop volg.

Nieteenstaande die persepsie van sommige oor ons eie "sonnige" Sonja , hardloop die boek 'n vinnige pad van die "onskuldige naiwe" Sonja in die fleur van haar loopbaan tot 'n "vrou" wat uiteindelik haarself uit 'n kokon vrylaat .Dit is ongelooflik dat 'n kunstenaar soos Sonja soveel hoogtepunte in haar loopbaan kon bereik met soveel hartseer gebeure agter die vermaaklikheids gordyn wat dit eenklaps kon gekelder het.

Persoonlik het ek gevoel dat die gedeelte van die boek oor haar en FC se verhouding verkort moes word. Natuurlik moes dit ingesluit word, maar ek sou graag meer wou lees oor die vrou van vandag wat so 'n belangrike rolmodel vir menige geword het. Dit is egter die enigste punt van die boek wat my gepla het, maar die eindproduk is egter - sonder enige twyfel - een van die bestes dusver in 2007!

Daar is al baie geskryf oor Sonja - dekades lank. Die boek herinner weereens dat "persepsies" van kunstenaars, so verkeerd kan wees.

Eens op 'n tyd was daar "n Meisie van Nigel" wat 'n lang pad geloop het en nog steeds loop en nou een van die "geslypte juwele" van ons musiekbedryf is.

Bravo Sonja en Carel - ek salueer julle vir 'n puik stuk werk!

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W