Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Kinders van Afrika

Daar word algemeen aanvaar dat die moderne mens uit die suidelike deel van Afrika kom en hiervandaan oor die res van die wreld versprei het. Tans is daar in ons land 'n opwindende verskeidenheid mense, wat 'n uitdaging bied om oor kulturele grense heen na mekaar uit te reik.

Hierdie bloemlesing wil die huidige kinders van Afrika help om deur toeganklike kortverhale mekaar beter te begryp, sodat hulle bewus kan word van die waarde van kultuurverskille.

Mag die kennismaking met hierdie verhale jong lesers aanspoor om die voordele van lees te ontdek. Lees is van die uiterste belang in 'n tyd waar die oog en oor oorweldig word deur beeldskerms van verskillende formate, en gewelddadige rekenaarspeletjies wat al hoe meer lewensgetrou raak. Terwyl die tegnologie met reusespronge verbeter, is die verbeelding besig om dood te bloei. En taal word wreldwyd bedreig. Die soort taal waarin jy die mooiste of pynlikste kan uits, begin verval tot kriptiese e-posse en SMS'se.

Om te lees, en met jou eie fantasie 'n visuele prentjie te skep, is 'n manier om di agteruitgang teen te werk. Lees is 'n stil gesprek tussen skrywer en leser waarin insigte in lewensraaisels met die leser gedeel word. Dit maak jou innerlik sterker en gee jou groter begrip vir die lewe, vir lyding, vir liefde. Dis 'n verlengstuk van jou eie, uiteraard beperkte, ervaringe. Hoe meer jy lees, hoe meer sal jy sensitief raak vir nuwe opvattings.

Kinders van AfrikaDie belangrikste ding in 'n verhaal of boek is die betekenis wat dit vir j het. Jy moet wel in klasverband kan motiveer waarom jy dink soos jy dink, want nie twee mense gaan presies op dieselfde wyse geraak word nie.

Lees is 'n avontuur. Jy kan dit enige plek, enige tyd aanpak.
Koop / Buy Kinders van Afrika ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W