Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.zaDie laagste vlugtariewe

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die verlore saak

NŠ sy Frans op universiteit gestudeer het, laat die vier-en-twintigjarige Ingrid se kennis van diť taal haar by die Nasionale Intelligensiediens in Pretoria beland waar sy die propagandaveldtog teen die ou regering moet monitor.

Maar dis nie lank nie, of sy word onder dekking Parys toe gestuur om betrokke te raak by aksies om Suid-Afrika se saak te bevorder teen die felle aanslag van die ANC en sy kommunistiese bondgenote in Europa. Onder die vals naam, Monique de Villiers, moet sy nou vrou-alleen die mas opkom, met net af en toe 'n ontmoeting met haar hanteerder, die sogenaamde Boere-James Bond, Leon Strydom.

As Ingrid, of Monique, in 'n verhouding met 'n Franse joernalis beland, vermoed sy min dat hyself insgelyks deur N.I. betaal word, totdat sy uitvind dat sy voortaan as sy hanteerder moet optree.

Sy bevind haar toenemend in 'n grys gebied sonder 'n duidelike reg of verkeerd en probeer haar bes om staande te bly, totdat een ding na die ander begin skeef loop...

In hierdie openhartige vertelling maak die leser kennis met die skadukant van mag waarvan niemand ooit in die koerante lees nie. In geen riller is dit nog ooit so getrou uitgebeeld nie: die werklike slagveld waar die stryd om beheer van die land gevoer is, daar waar hy wat dophou dikwels ook self dopgehou word.

Skrywer Lydia van Eeden het in die tagtigerjare Frans studeer en daarna vier jaar in Parys deurgebring. Na 'n aantal jare in die skemerwÍreld van spioenasie werk sy nou in die parfuumbedryf. Sy woon tans in Pretoria. In haar vrye tyd vertaal sy Franse tekste.
Koop/Buy Die verlore saak...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W