Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Gesprek sonder grense

Johan Degenaar, internasionaalbekende Suid-Afrikaanse filosoof, word in 2006 tagtig. As die "Sokrates van Stellenbosch" en voorstander van die oop gesprek, was hy een van die belangrikste Afrikaanse kritici van die apartheidstaat. 'n Kollega uit Switserland, prof. Walther Zimmerli, skryf in sy bydrae tot Gesprek sonder grense: "Johan Degenaar is one of the most interesting and interested fellow philosophers and human beings I have had the privilege to meet."

Gesprek sonder grense, vrygestel in Desember 2006, weerspieŽl die groot belangstellingswÍreld van hierdie buitengewoon interessante en geÔnteresseerde mens. Die boek bevat boeiende filosofiese essays. Maar vanweŽ Degenaar se belangstelling in die kuns en literatuur is bydraes ook gelewer deur skeppende skrywers soos Karel Schoeman, Antjie Krog, Andrť P. Brink, Mark Behr, Hennie Aucamp, Abraham H. de Vries, Lina Spies, George Louw, Fanie Olivier en M.M. Walters. Die filosoof se gefassineerdheid met rolprente, wat gelei het tot 'n reeks ongeŽwenaarde filmanalises, word toegelig deur die destydse kunsredakteur van Die Burger, Kerneels Breytenbach.

Dit is maar net die begin van die grensloosheid van Gesprek sonder grense. Sowat veertig uiteenlopende bydraes is in die boek opgeneem, baie daarvan geskryf deur oudstudente, kollegas en vriende wat oor 'n tydperk van byna vyftig jaar deelgeneem het aan die Gespreksgroep wat Degenaar in 1958 op Stellenbosch opgerig het. John Kannemeyer skryf in sy bydrae oor die "wÍrelde en heelalle" wat Degenaar hier en in sy opwindende klasse vir studente en gespreksgenote ontsluit het.

Onder die "wÍrelde en heelalle" in Gesprek sonder grense tel onder meer die ekonomie, die wÍreld van die Bybel en die teologie, die kuns van die Venda, maar ook die hedendaagse politiek met sy probleme rondom Afrikaans en die verhouding tot die Ander. Andrew Nash en Andrť du Toit skryf boeiend oor Degenaar se wedervaringe en rol as akademikus en politieke filosoof.

Die boek bevat ook satiriese bydraes, onderhoude met Degenaar, en treffende herinneringe, o.m. van oud-Broederbonders soos Nico Smit op wie die filosoof 'n diepgaande invloed uitgeoefen het.

Gesprek sonder grense is 'n boek uit toegeneentheid geskryf deur medestudente, mededenkers, bowenal deur vriende. Dit is in die handskrif van persoonlike waardering geskryf, soos die lettertipe waarin die skrywersname geset is, wil suggereer. Wat die lettertipes betref: Diť boek is in ef≠fens groter letters as normaalweg gedruk, sodat alle lesers, maar veral die filosoof op 80 en sy tydgenote, die bydraes met gemak kan lees.

Verspreiding, Bestellings:
Protea Boekhandel, Posbus 657, Bergzicht Plaza,
Andringastraat, Stellenbosch 7599
tel: 021-882-9100
e-pos: ls.protea@mweb.co.za


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W