Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die melkweg het 'n ster laat val: Poot aan wal

Die melkweg het 'n ster laat val: Poot aan wal

Toe die samestellers 'n ope uitnodiging aan die skrywende en nie-skrywende skrywers van Suid-Afrika gerig het "Skryf vir ons 'n storie oor 'n plaas!" - het niemand verwag dat die reaksie so oorweldigend, so oorrompelend sou wees nie.

Binne 'n kort bestek is verhale ontvang vanoor die lengte en breedte van hierdie wye en droewe land, maar ook uit Nederland, Belgie, Taiwan, Engeland en selfs Irak. Oor elke denkbare aspek van plaas en boerdery is daar geskryf - van die gul wynlande van die Boland tot die barre droogteveld van die Noordweste en die vloede van die Oos-Kaap. Van waternood tot watersnood, van brande en diere en masjiene, die liefdevolle naasbestaan van mense in 'n afgelee gebied tot verraad en bedrog en verkragting in ruimtes waar min ander mense kom. Die hele geskiedenis van hierdie land is betrek, van die vroegste plase wat uitgegee is aan die eerste vryboere, tot die hedendaagse problematiek van plaasmoorde en -besettings en die wil om te oorleef op 'n stuk grond. Daar is nostalgiese, arkadiese herinneringe, daar is harde werklikhede met min ruimte vir romantiek. Daar is beesplase en wynplase en koringplase en blomplase, daar is plase wat verkoop word en plase wat gekry en geerf word. Die verskyning van die eerste trekker in Namakwaland word beskryf, ook die afskeid van 'n plek wat nie meer plaas is nie, maar 'n gevangenis.

Dit is nog net op afgelee gebiede dat mens dit regkry om sterre te sien, die onmeetlike melkweg en die heelal kan bewonder. Soms, soms gebeur dit dat die melkweg een van sy miljoene sterre laat val en gelukkig is die mens wat dit sien!

Hierdie bundel is een van daardie sterre, 'n unieke gebeurtenis, 'n ontploffing van energie wat die gewone mens klein laat voel.
Koop / Buy Die melkweg het 'n ster laat val: Poot aan wal....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W