Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Kom ons sit sommer by die tafel

'Dokumentęre fiksie, of realiteitsfiksie, laat die skrywer toe om kommentaar te lewer deur waarneming.' (Die skrywer se eie formulering van sy werkswyse.) Hierdie bundel bevestig André le Roux se vermoë om die joernalistieke en die fiksionele met mekaar te versoen en 'n boeiende, onthutsende collage van stories, verslaggewing en ego-dokumente te skep.

Daar is 'n fyn orkestrasie van terugkerende motiewe en karakters - soos die toeroperateur, die dwerg, die slagoffer, die weduwee Celliers. 'n Fyn genuanseerde maar maklik leesbare beeld van die kompleksiteite van ons Suid-Afrikaanse samelewing, aangebied met menslikheid én humor en 'n skerp oog vir die paradokse van ons alledaagse werklikheid.

Die verhale uit André le Roux se eerste bundel kortverhale 20 jaar gelede, Sleep vir jou 'n stoel nader, word volledig deel van die nuwe bundel.

André le Roux is 'n bekroonde joernalis wat jare lank in Die Burger se kunsredaksie was en daarna na die vrouetydskrif Sarie toe is, waar hy tans assistentredakteur is. Sy eerste digbundel, Struisbaai-blues (1977), is verbied. Sy eerste novelle, Te hel met Ouma!, is ook aanvanklik verbied. Sy bundel kortverhale, Sleep vir jou 'n stoel nader, het in 1987 verskyn. Sy baldadige stukke uit 'n gewilde Sarie-rubriek het onder die titel Op die man af in 2000 verskyn, sy bundel Beeld-rubrieke, Nou ja toe, het in 2001 verskyn. Sy tweede bundel Sarie-rubrieke, Op die vrou af, het in 2004 verskyn. Hy woon in Kaapstad saam met sy vrou Marté.
Kom ons sit sommer by die tafelKoop / Buy Kom ons sit sommer by die tafel ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W