Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

God se Storie

Hierdie boek vertel die Bybelverhaal soos nog nooit tevore nie. Dit wys hoe God die lewens van gewone mense gebruik het om Sy ongewone verhaal te skryf. Dit spreek veral tot die mense wat ´n suksesverhaal na buite vertoon, maar diep in hulleself voel dat hulle mislukkings is.

Die skrywer bring nuwe lewe aan ou bekende Bybelverhale en lei die leser om te verstaan waarom daardie stories vandag nog relevant is. Hy vertel van Moses, die ou wat dit gewaag het om by God te kla; Tamar wie se Sondagkoerant-storie goeie nuus geword het; Josef wat die verskil tussen Jesus en Superman sou kon insien.

Andries Cilliers se skryfstyl is onopgesmuk en heerlik toeganklik en onderhoudend. Dit gee ook moderne tekstuur aan die ou stories wat God geskryf geskryf het.

Hierdie kortverhale kan in enige volgorde gelees word en is uitstekende leesstof wat selfs in die handsak saamgedra kan word en gelees kan word terwyl jy op afsprake wag.

God skryf ´n storie is deur Lux Verbi-BM uitgegee. Dit is in sagtebandformaat en beslaan 112 bladsye. Navrae kan gerig word aan die uitgewer by 0860 231 231.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W