Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Barrie - ´n Laaste groet

Lizz Meiring

Ons het gisteraand (Maandag die 23ste) ´n party vir Barrie by die Boekehuis in Johannesburg gehou.

Dieselfde man wat Sondagaand (die 16de - nag voor sy dood) aan my vertel het hoe eensaam hy voel, dat die wÍreld hom verlaat, moes gisteraand kon sien en ervaar hoe lief mense vir hom was. "Ek het geleer the world doesn't like losers, Liesbet." het hy vir my gesÍ.

Wel Barrie, niemand wat gisteraand gepraat het, het jou ooit as ´n loser gesien nie. Sonder sentiment, sonder versigtig praat (soos mense gewoonlik doen wanneer hulle nie weet hoe anders nie) het oor ´n honderd mense saamgedrom om hulde te bring. Die mix was ver en wyd verspreid - teatermense, sy joernalistieke kollegas, lede van die publiek, vriende, familie, onderwyseresse, akademici (dalk nog ´n paar ou lovers for good measure...)

Ek weet daar was ´n party in die Kaap ook. En ek is seker daar was dit dieselfde geval. By Corina se Boekehuis, (die arme vrou moet meer funksies gee as Edith Venter) het hulle nie net gekom uit ordentlikheid nie, hulle't tot laatnag gebly - asof elkeen nog net ´n stukkie van sy groot gees wou ervaar.

Ons het uitbundig gelag, die odd traan afgevee, maar nooit, ooit het enigiemand in sentiment, traantrekkery of cliches verval nie, want Barrie was so ´n besonderse, unieke, oorspronklike mens - he defied cliches.

Barrie was baie lief vir rituele, sy boeke is deurspek daarvan (ook maar ´n drama queen gewees) en gisteraand was weer ´n ritueel. Hy het, ironies, met sy dood - so baie van ons weer bymekaar gebring.

Die lewe gaan aan, en ons sal weer vergeet dat mens - soos my ouma gesÍ het: "blomme vir mekaar moet gee terwyl ons nog leef."

Maar, maak nie saak hoe ver in die verskiet nie - my dierbare, gekompliseerde, talentvolle, rowwe en sensitiewe vriend en mentor Barrie Hough, sal nooit ´n cliche wees nie. En daar's min mense van wie jy dit kan sÍ.

Sien ook Barrie Michael Hough.

My kat word herfs - Barrie Hough Koop/Buy My kat word herfs...







Droomwa - Barrie Hough Koop/Buy Droomwa...







Skilpoppe - Barrie HoughKoop/Buy Skilpoppe...








BreekKoop/Buy Breek...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W