Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Abel se Dogters

Die wewenaar Abel Buitendag se lewe op sy plaas in die Oos-Vrystaat het ´n stil, onverstoorde gang. Of so dink h. Sy drie dogters smag eintlik na meer warmte en kontak, na ´n lewe wat gelf word. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wêreld, gryp die lewe hul met woede en met vreugde vas. Hulle ervaar die storm en soet pyn, ook soms die bitterheid, wat liefde bring.
Die oudste dogter, Adelien, is ´n dosent in sielkunde in die stad en moet op ´n dag kies tussen twee besonderse mans in haar lewe. Maar sy is ook gekweld oor haar twee susters. Christel, die jongste een, is nog op skool en alleen by die huis met ´n pa wat te sag is. En Bernadette het ´n man gekies wat haar dalk nog baie hartseer kan bring.
Met deernis en fyn humor beeld hierdie gewilde skrywer die lewe van Abel en sy drie dogters uit: hul wel en wee binne die werklikhede van ons tyd. ´n Menslike familiesage wat elke leser sal meevoer.
Koop/Buy Abel se Dogters...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W