Stuur jou resensie vir ons by

Die Boek van God is 'n roman wat die verhaal van die Bybel vertel soos nog nooit tevore nie. Die skrywer wys dat daar 'n deurlopende storielyn is en vertel dit vanuit die oogpunt van bekende karakters, maar soms ook soos ervaar deur randfigure wat die gebeure van buite bekyk het. Walter Wangerin laat klink ou bekende gegewe verassend nuut.
Die koningstydperk word besonder verbeeldingryk en vars aangebied. Hieroor sê die Glasgow Herald: "Wangerin has done for the biblical kings what Shakespeare did for Macbeth and Richard III . Imaginative, stimulating and fresh . bubbles with creativity, but above all it is the work of a craftsman". Net 'n vakman soos Wangerin sou van dié somtyds stowwerige gegewens 'n meesleurende storie kon maak.
Die weergawe van die bergpreek is aangrypend en die pyn van die kruisiging word in onvergeetlike detail oorgedra. Die Boek van God is boeiende leesstof oor die wêreld en gebeure van die Bybel vir dié wat Bybel ken, maar ook vir dié wat vir die eerste keer daarmee kennis maak.
Dié boeiende verhaal word oor honderde bladsye gedra sonder om ooit te verflou. Die vloei van die vertelling skets, soos 'n reuse-muurskildery, die groter prent van God se voorsienigheid, iets wat lesers min beleef as gevolg van ons stukkie-vir-stukkie manier van Bybel lees.
Walter Wangerin word wêreldwyd beskou as een van die belangrikste skrywers wat betref geloofs- en geestelike publikasies. Sy eerste boek, The Book of the Dun Cow, het die gesogte American Book Award verower en was ook die New York Times se Boek van die jaar. Daarna het The Book of God gevolg. Hiervan het reeds meer as 200 000 eksemplare in twaalf tale verkoop. Die Afrikaanse vertaling is 'n spogwerk deur die bekroonde skrywer en digter, George Weideman.
Koop/Buy Die Boek van God...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.