Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Spoke en ander gruwelike goed

Spoke en ander gruwelike goed

Jy het seker al gewonder oor spoke en ander gruwelike goed. Bestaan hulle regtig? Of is dit net goed wat grootmense opmaak om kinders mee bang te maak?
In Spoke, Fanie Viljoen se nuutste boek, sal jy lees dat daar rÍrig goed is soos spoke, zombies, vampiere en dooie dinge wat in die donker rondsluip . Dit is hulle wat die hare op jou kop kan laat regop staan. Dis hulle wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. Dis hulle wat jou drome kan omtower in nagmerries!
So, skakel al die ligte in die huis aan, maak seker die vensters is dig toegemaak en die deure is gesluit - en dan kan jy begin lees .

Spoke en ander gruwelike goed bevat 16 lekker-lees spookstories. Soos Die mensvreters se begraafplaas, waar Wouter saam met sy pa gaan jag, maar hom dan vasloop in 'n spul mensvreter-spoke wat jare laas mensvleis geproe het. In Die kat kom terug, bring 'n ou, verflenterde man Elsabť se kat, Tinka, terug nadat sy weggeraak het. Maar alles is nie pluis met Tinka nie. Het die ou man haar teruggebring uit die dood?
Daar is ook ander stories soos Bene in die Bos, Die spookperd uit die hel, en Ek is 'n vampire.

Spoke en ander gruwelike goed is 126 blaaie lank, met grillerige volkleur illustrasies deur Jeanine Henning. Dit word aanbeveel vir lesers van 9 tot 14, of vir almal wat net hou van 'n lekker spookstorie!
Koop / Buy Spoke en ander gruwelike goed....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W