Stuur jou resensie vir ons by
Al hou sy haar eenkant aan die begin, word sy geleidelik deur omstandighede en haar vriendskap met Sow, ´n boorling van die land, genoop om op ´n dag haar lot in te werp by dié van die eilandbewoners. Maar sy kom ook tot die besef dat die mens bitter min aan die ellende en nood van sy medemens kan verander.
In Palmwyn distilleer Van Dis die krag en swakhede van ´n mens, ´n eiland, ´n vasteland en bevraagteken hy die Weste se teenwoordigheid in en invloed op Afrika.
Adriaan van Dis word bestempel as een van die belangrikste Nederlandse skrywers. Van sy ander bekende werke is Indische duinen en Het beloofde land.
Palmwijn is geesdriftig ontvang in Nederland en die oplaag van 643 000 het soos soetkoek verkoop.
Die Afrikaanse vertaling, deur Abraham H de Vries, beloof om baie aandag in Suid-Afrika te trek.
Palmwyn word uitgegee deur Human & Rousseau en kos R69.95.
Koop/Buy Palmwyn
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.