Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Verborge skatte - Herman Charles Bosman

Verborge skatte

Tussen die jare 1948 en 1950 het Herman Charles Bosman altesame 16 Afrikaanse kortverhale die lig laat sien in eietydse tydskrifte. Die verhale is tot nou toe nog nooit in boekvorm uitgegee nie. Die verskyning van Verborge skatte is ´n unieke gebeurtenis, want dit laat die vraag ontstaan of Bosman ook as Afrikaanse skrywer gereken moet word.

Die uitgewer Human & Rousseau sê sommige van hierdie stories het hul eerste verskyning in Afrikaans gemaak, en party van hulle het - tot en met hierdie Anniversary Edition-reeks - nog nooit weer die lig gesien na die eerste publikasie daarvan nie. Diť boek is die getuienis daarvan: verhale, gedigte en kommentaar in en oor Afrikaans.

In ander gevalle bestaan sowel Engelse as Afrikaanse weergawes van dieselfde verhale, maar hulle is amper nooit presies dieselfde nie. Dit is duidelik dat Bosman self nooit sommer net uit die een taal na die ander vertaal het nie. Pleks daarvan het hy sy verhale tussen Engels en Afrikaans herskryf, met toevoegings en weglatings van ´n belangwekkende en fassinerende aard.

Die boek is saamgestel deur Leon de Kock.
Koop Verborge skatte...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W