Stuur jou resensie vir ons by
Wanneer Louise le Roux van die buiteland terugkeer, verwerf sy 'n droompos - as kuratrise van een van die belangrikste privaat kunsversamelings in Suid-Afrika.
Gou is dit duidelik dat iets nie pluis is in die versameling van die Schoongelegen-herehuis nie.
Haar ondersoek na die ongerymdhede ontwikkel in 'n nagmerrie as haar lewe bedreig word. Haar taak word verder gekompliseer deur die wisselvalligheid van haar verhouding met die twee aantreklike mans op Schoongelegen, die enigmatiese Ryk Hofmeyr - magnaat, wynboer, kunskenner - en die seunsagtige Martin, sy privaatsekretaris, wat duidelik been-af op Louise is.
En verder is daar die Contessa, wat 'n onpeilbare verbintenis met albei mans het. Louise se vertwyfeling oor wie om te verdink en wie om te vertrou word vererger deur die vertwyfelinge van haar eie hart.
Koop / Buy Vertou nie op prinse ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.