Stuur jou resensie vir ons by
Uys Krige was ´n kosmopoliet, ´n wêreldreisiger, ´n 'liberaal', ´n non-konformis wat sonder huiwering literêr en polities ander koerse as sy tydgenote ingeslaan het. Op dié wyse het hy vir die Afrikaanse literatuur nuwe wêrelde oopgemaak en vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap ´n milder menslikheid in die vooruitsig gestel. Tog het hy sy erfenis nooit verloën nie; ook nie sy ideaal vir ´n vrye en groot Suid-Afrika en vir ´n Afrikaanse taal waarin alles en almal geakkommodeer kon word nie. Bowe alles was hy die goue seun van Afrika: ´n oop en ontvanklike mens wat by sy vriende en kennisse geliefd gebly het. Die gesoute biograaf J.C. Kannemeyer vul hierdie wye doek met ´n voluit getekende gestalte.
Koop dit!
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.