Stuur jou resensie vir ons by
Goue gunstelinge is die eerste in 'n reeks omnibusse wat uit tydlose liefdesromans
bestaan, uit die pen van deurwinterde skryfsters soos Tryna du Toit, Dricky Beukes en
Nickey van Schalkwyk.
In hierdie verhale seëvier romantiek en dit word gevolg deur ewige liefde en trou. Die held is 'n ware gentleman en uiters beskermend teenoor die heldin. Du Toit, Beukes en Van Schalkwyk is sinoniem met Afrikaanse liefdesverhale nadat hulle oor dekades heen vir hulle 'n spesiale plek in lesers se boekrakke - en harte - verwerf het. Hierdie heruitgawe van hulle gewilde liefdesverhale is 'n viering van romantiese liefde.
Al drie romans speel in die bekende sfeer van die platteland en trotse familieplase af.
Die leser wat graag gunstelingfigure in die romans uit hierdie era herontmoet, sal nie
teleurgesteld wees nie. In al drie romans figureer hulle: dokters en verpleegsters, die
dorp se rykes en armes. En daardie spesiale domineefiguur - jonk, aantreklik en hubaar
- speel 'n hoofrol.
Koop / Buy Goue Gunstelinge ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.