Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Petronella van Aarde, Burgemeester

Petronella van Aarde, Burgemeester

Op Kasselspoort weet almal al jare lank dat Zerk Raubenheimer burgemeester gaan word wanneer oom Neels Meyer die dag die stoel ontruim. Maar dan kap oom Neels om juis terwyl Zerk en sy vrou Freda op 'n lang reis in die buiteland is, en in die daaropvolgende verwarring word die weduwee Petronella van Aarde tot burgemeester verkies.

En dan begin die poppe te dans! Want Petronella het geen benul van die proseduurlikheid nie en sy gee ook nie om wie sy in die werk steek om wat te doen nie. Al wat sy wil hÍ, is dat dinge 'n slag reggevat moet word, dat daar 'n end moet kom aan die jarelange verwaarlosing van die dorp. Nie lank nie of Kasselspoort begin 'n ander aanskyn aanneem. Selfs diegene wat aanvanklik teen Petronella gekant was, begin insien dat sy haar uitstekend van haar taak kwyt.

Die een persoon wat halsstarrig weier om dit toe te gee, is Freda Raubenheimer. Want tussen die Raubenheimers en Petronella was dinge nog nooit weer heeltemal lekker nie nadat die jong Dennis Raubenheimer vir Petronella se dogter Talia voor die kansel gelos het vir 'n ander vrou. Nou het Talia teruggekom om op Kasselspoort te kom skoolhou, en Dennis het ook teruggekeer om sy pa in sy prokureurspraktyk te kom bystaan. Sal dinge die keer anders uitwerk? Of sal die breuk nooit weer geheel kan word nie?

En tussen al hierdie dinge deur, net om sake nog verder te kompliseer, is daar ou oom Joos Jakobs se wanhopige stryd om te keer dat sy dogter, die ambisieuse Freda, hom uitboender uit die huis waar hy nou al sy hele lewe woon, om van die plek Kasselspoort se eerste museum te maak.

Die verhaal van Kasselspoort en sy mense is 'n lekkerleesverhaal met iets vir elkeen - 'n bietjie liefde, heelwat humor en sommer baie stof tot nadenke.
Koop / Buy Petronella van Aarde, Burgemeester....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W