Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Koop/Buy Merke van die nag...

Merke van die nag

Merke van die nag

In die verhale - met hul liriese sintuiglikheid, maar ook donker ironie - word die grein van die Suid-Afrikaanse landskap en leefwyse rondom die eeuwending verken. Dis 'n leefwyse aangevreet deur verwonding, deur bedrieglike donkerte wat net onder die oppervlak l.

Rachelle Greeff skryf genuanseerd en indringend oor mense met wie lesers hulle sal kan identifiseer: mense wat letsels dra, wat uitgelewer is aan hulself en aan ander, wat probeer oorleef in 'n wreld met vinnig verskuiwende grense.

Die uitgewer Tafelberg s Greef het reeds 'n stewige reputasie verwerf as kortverhaalskrywer. Vir Die rugkant van die bruid (1990) het sy die CNA-prys vir debuutwerk ontvang. Haar ander publikasies is 'n tweede kortverhaalbundel, Onwaarskynlike engele (1993), 'n roman, Al die windrigtings van my wreld (1996), 'n bundel rubriekstukke, Spektakels en mirakels (1998) en twee kinderboeke, Net perfek (1999) en Enebene en die ander (Juta, 1997).

In 1999 wen sy die Sanlamprys vir fiksie in die Engelse afdeling vir ongepubliseerde fiksie. In 2000 behaal sy 'n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk cum laude o.l.v. prof. Etienne van Heerden.

Van haar vertaalde kortverhale is al in Amerika, Nederland, Belgi en Swede gepubliseer. Al die windrigtings van my wreld is in Duits vertaal.

Oor haar persoonlike lewe s sy: "Ek deel my huis en hart met ´n man, Louis. Twee seuns, Ferdinand en Albertus. Twee honde (van wie die een hopelik swanger is), Bella en Milo. Vyf katte, Druppeltjie, Sproetsnoet alias Lemonade, Marmite, Hobbes en Tinktinkie, van wie nie een hopelik swanger is nie. Op die koelkas woon twee budjies, maar hulle name het ek lankal vergeet."

Merke van die nag word uitgegee deur Tafelberg.
Koop/Buy Merke van die nag...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W