Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Notes from a small Island

deur Bill Bryson
Uitgewers: Doubleday, Black Swan, 1995 - 1996.

Bill Bryson (gebore in Des Moines,Iowa) het die VSA in 1977 vir Groot Brittanje verruil. Hy, sy vrou en hul vier kinders besluit amper twee dekades later om hul huis in North Yorkshire te verkoop, en terug te keer Amerika toe. Die rede hiervoor? In Bill se eie woorde:"...I had heard that 3,7 million Americans believed that they had been abducted by aliens at one time or another, and it was thus clear to me that my people needed me."

Voor sy finale vaarwel , wou Bill egter iets doen wat hy nog altyd wou gedoen het, maar nooit voor tyd gehad het nie: ´n solo reis rondom daai klein eilandjie wat Groot Brittanje genoem word. Sy Engelse vriende en kollegas was geskok: hoe kan hy in ´n kort tydjie oor die lengte en breedte van hul `groot' land reis? Komend van die reuse midde-weste van die VSA, ontdek Bill tot sy skok dat hy self ook in hierdie waan verval het: dat sy persepsie oor die uitgestrektheid van `Groot Brittanje' gekleur is deur twintig jaar se verblyf (ja-nee, `he's gone native', soos die Engelse sê).

"There are certain idiosyncratic notions that you quietly come to accept when you live for a l ong time in Britain. One is that British summers used to be longer and sunnier. Another is that the England football team shouldn't have any trouble with Norway. A third is the idea that Britain is a big place. This last is easily the most intractable".

Dit het hom egter aangespoor om `sy' eiland opnuut te ontdek, asof hy die eerste keer daar kom, en ook om te probeer uitvind hoekom dit so moeilik is om totsiens te sê. Hy wou egter slegs van openbare vervoer (en sy voete) gebruik maak, iets wat hy laas gedoen het as 18-jarige. Ons beleef saam met hom die vreugdes en flaters van die Britste openbare vervoerstelsel, wat baie verander het sedert 1973, toe hy laas daarvan gebruik gemaak het. Vanaf die wit rotse van Dover in die suide van Engeland, tot by John O'Groats in die verre noorde van Skotland, lewer hy deurlopende en skreeusnaakse kommentaar op alles wat uniek Brits is. Dit is ´n ontdekkingsreis na die siel van die Brit, en die sosiale kommentaar is soms venynig, maar altyd vlymskerp. Notes from a small island is hoogs aan te bevole vir enige reisiger wat vir langer as ´n week in Brittanje wil gaan rondtoer. Lees dit op die vliegtuig soontoe.
Koop dit!


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W