Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Is it Just Me or is Everything still Kak?

Is it Just Me or is Everything Kak?: The Whingers' Guide to South Africa was toe 'n blitsverkoper. Dit bring ons by Is it Just Me or is Everything still Kak?. Hoekom? Want ons is Suid-Afrikaners en ons hou van kla.

Nommer twee bou voort waar nommer een opgehou het en kyk veel wyer as net Suid-Afrika. Dit is 'n versameling van al die "kakness" van ons tyd.

Sommige dinge smeek om ingesluit te word en dis nie sonder rede dat Afrikaanse musiek voor in die ry staan nie. Darem nie alle Afrikaanse musiek tel hieronder nie, maar ons spog met 'n paar konings op die gebied.

In die welverdiende tweede plek is Julius Malema en die ANC Jeugliga. Die spulletjie se stories hoort in die fiksie afdeling van jou plaaslike biblioteek, hoewel mens eerder Fritz Deelman en die manne van mars sal aanbeveel. Inderdaad "kakness"-ekstraordinÍr!

Ander wat hul plekke verdien is Tom Cruise, Eskom, Robert Mugabe, Vernon Koekemoer, Luke Watson se koddige stappie en Pieter de Villiers se snor.

Is it Just Me or is Everything still Kak?Die boek sou ook nooit volledig kon wees sonder die insluiting van ons almal se gunsteling, Telkom, nie.

As jy voel jy kort 'n paar dinge om oor te kla kan Is it Just Me or is Everything still Kak? help. Pasop tog net! Die boek is geneig om onwillekeurige lagbuie te ontlok. Voor jy jou oŽ uitvee ontwikkel jy dalk 'n sin vir humor.

Hier volg 'n uittreksel:

Debonairs boerewors-encrusted pizza
Boerewors belongs on a braai and occasionally in a frying pan. Occasionally. Like when there's a hurricane outside. Or when there's no available wood, briquettes or charcoal within a hundred-mile radius.

Boerewors never belongs in the crust of a pizza. Never ever. Boerewors in the crust of a pizza is sacrilege. It is a violation of our cultural heritage. Why not burn the national flag while you're at it? Ah, but I haven't tried it, have I? No. And I haven't tried a guacamole enema either. Or banging Rosie O'Donnell. Some things you just know.


Koop / Buy Is it Just Me or is Everything still Kak? ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W