Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Askies, Meneer Wikkelspies

Daar is niks nuuts onder die son nie. Tg tree daar so dan en wan 'n stem na vore met 'n vars perspektief op die alledaagse. Iemand wat dieper kan sien as net die gewone, en dit vir die leser kan vertaal; kan beskryf.

In haar eerste samevatting van gedigte, skets Rona Marx haar wreld in eg-Afrikaans. Sommige woorde sal die leser byderwets vind, maar ander, amper-vergete woorde is afgestof en blink gepoets en gebruik op 'n manier wat ons herinner aan die uitdrukkingskrag, die rondheid, die kreatiwiteit, van die Afrikaans.

Hier sal die leser 'n spektrum ondervindings en beskrywings vind: liefde, swaarkry, spirituele ontwaking, hartseer, vreugde sonder grense ... En elkers diep getref word deur laag op laag betekenis en beskrywing.

The poems are rooted in contemporary culture - titled 'Afrikaners is Plesierig', 'Die Taal', 'Straatvrou' and 'Engel van die Sand' to name a few. The multi-layered poems cover a range of experiences from the struggles of life, love, pure joy to spiritual awakening. The author demonstrates her love for the Afrikaans language through her sense of delight in the power and meaning of words.

Geniet die twee gedigte uit die boek / Enjoy these two poems from the book:

Die Taal
Ek verheug my in
Die taal
Van my Siembamba dae
Wat my tong laat rol
En my keelgat bevry
Vir jare het ek geswerf
Verkies om daai universele taal
Te praat en te droom
Want vir t lank was jy verkrag
Misbruik tot die voordeel
Van mense wat jou wou inspan
Om te haat
Te vernietig
Te mishandel
Maar ons twee is terug
En ons maak weer kennis
Ek ontdek en onthou jou weer
Dag vir dag
Oomblik vir oomblik
Jy bevry my tong;
My siel
Ek kan weer vryelik uitdrukking gee
Uitdrukking gee
Aan my binneste
Die gevoelens wat opborrel uit my maag
En ek is bly jy's terug
En ek is bly ek's terug
O skone Taal
Mooie tongval
Van hier af stap ons twee saam
Die toekoms in.

Ag, verskoon tog
Jy sit altyd i before e, except after c en onthou tog om jou t's ge-cross en jou i's ge-dot te kry
Voor jy kan keer stuur hy vir jou 'n e-mail en jy trap die clutch
En jy wonder wat is die beste Cee-Dee om te koop vir die paartie
en solank dit tog net leather seats het
en moet net nie vergeet hoe cool dit jou gaan maak voel nie
Maar die lewe in die Nuwe Suid-Afrika is amazing soos paptert en Nkosi Sikelel' en alles
en maak tog seker die kinners gaan Crawford toe
En moet tog net nie die Taal te suiwer praat nie,
want dis mos die language van die oppressor
en ons moet mos maar altyd en vir ewig skaam bly
en die kruis dra en askies s
Probeer tog om nie met t veel van 'n Afrikaanse aksent te praat nie -
probeer maar eerder soos 'n Ingelsman klink
Want dit is die stront innie mond vannie mre stond
Want die taxman gaan jou bliksem
en die spietkop gaan jou vang
as jy daai pirate DVD's koop by die hawker op die hoek van die straat
Vir ewig en altyd in jou moer in
AMEN

This book is available in South Africa from the Just Done Productions webpage at http://www.justdone.co.za/ for R60.00 (ex p&p)

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W