Stuur jou resensie vir ons by
Jou drome: die onbewuste het ál die antwoorde word deur die uitgewer JL van Schaik beskryf as ´n omvattende maar toeganklike boek oor die sin van drome in elkeen se lewe. Die skrywer dui deur middel van Jungiaanse teorië aan hoe ´n mens jou drome kan gebruik as ´n gids om jouself en jou wêreld beter te verstaan en te hanteer.
Jy het al die antwoorde op jou vrae, sê dié boek - jou onbewuste weet eintlik die beste!
JL van Schaik sê gidse tot selfkennis en -verbetering en die "brein/liggaam/gees"-kategorie is uiters gewild. Jungiaanse sielkunde geniet ook ´n sterk en groeiende aanhang onder Suid-Afrikaanse lesers.
Cas van Rensburg is ´n Jungiaanse sielkundige. Hy is ook ´n bekende joernalis en was Boekeredakteur van Insig.
Jou drome: die onbewuste het ál die antwoorde kos R89.95 en is by goeie boekwinkels beskikbaar. As jy sukkel om dit in die hande te kry kan jy om hulp aanklop by Hilton Ruthford.
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.