Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Laat daar lig wees

In Laat daar lig wees kyk Fred Mouton na bekendes uit 'n ongewone hoek.

"Sekere mense teken so lekker, jy hoop hulle bly vir altyd lewendig, want hulle het gesigte wat 'n mens kan waardeer."

Mouton, spotprenttekenaar vir Die Burger en Weg, onthou veral gesigte soos diť van die voormalige VP-leier, sir De Villiers Graaff, die voormalige KP-leier, mnr. Andries Treurnicht (wat hy graag as skilpad uitgebeeld het), mnr. Colin Eglin, 'n voormalige DA-LP, en natuurlik pres. Robert Mugabe van Zimbabwe.

Mouton, wat in Constantia en Wynberg grootgeword het, het in 1970 vir Die Burger begin werk nŠ sy studie in grafiese kuns aan die Kaapse Technikon. Hy het nie onmiddelik spotprente begin teken nie, maar het eers bladuitleg gedoen. In 1972 het hy saam met Die Burger se spotprenttekenaar van daardie tyd, die bekende T.O Honiball, begin werk. In 1976 het hy by Honiball oorgeneem en ook deeltyds spotprente vir Rapport en Landbouweekblad geteken.

Hy is in 1983 in 'n Standard Bank-kompetisie as spotprenttekenaar van die jaar aangewys, en in 2000 het hy die P.J. Cilliť-medalje vir kreatiwiteit in joernalistiek ontvang.

Mouton, wat sy hele loopbaan nog sy eie kantoor gehad het en in stilte alleen kon werk, soos hy daarvan hou, het gesÍ hy geniet na al die jare steeds sy werk en dink nog nie regtig aan aftree nie. Sy werk word as artistieke meesterstukke beskryf. Ken Vernon het in die boek,

Laat daar lig weesPenpricks, wat oor politieke spotprente handel, geskryf dat Mouton se prente geteken is met die ware kunstenaar se oog vir vloeiende lyne, dramatiese skaduwee en fyn besonderhede. Hy het ook die vermoŽ om die kwesbare plek van sy politieke teiken te vind en dit spottenderwys aan die kaak te stel.

Oor een van Fred se illustrasies in 'n uitgawe van Weg wat handel oor 'n kerkbasaar het Dana Snyman die volgende geskryf. "Jy kan elkeen van daardie karakters in die illustrasie bestudeer, en by elkeen 'n ruk lank vasval, want die demografie op wie die publikasie gerig is, is bekend met elkeen van daardie karakters - hulle is ook deel van jou wÍreld. 'n Mens kan dus sÍ Fred het met uitmuntendheid daarin geslaag om veral die Afrikaanse voorstedelike leefwÍreld vas te lÍ."
Koop / Buy Laat daar lig wees ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
  • Lang skaduwees in Afrika
  • Langverlof
  • Lewe anderkant die dood
  • Lewenspraatjies met 'n dogter
  • Lewenspraatjies met 'n seun
  • Lied vir die lewe
  • Liefde sonder grense
  • Ligdans
  • Liquorice vir die lewe
  • Louis Steyn
  • M
    N
    O
    P
    R
    S
    T
    U
    V
    W