Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Nuusdagboek

Die subtitel van diť ambisieuse boek is Feite en fratse oor 1 000 jaar. Dit is ´n dag-vir-dag-verslag van belangrike gebeure die afgelope 999 jaar, vanaf 1 Januarie 1001 tot 31 Desember 1999. Hierdie lywige boek bied 'n boeiende blik op die verlede, die wêreld en die mensdom met nuusflitse en -fratse, nuusmakers, baanbrekers, geboortes, sterftes, sluipmoorde, en beroemdes en berugtes.

´n Verskeidenheid velde word gedek - van politiek, musiek, sport, geskiedenis, godsdiens, allerlei kunsvorme en geografiese omwentelinge. Nuusdagboek is dus 'n ongelooflike bron van feite en kitsinligting. 'n Uitgebreide register maak maklike naslaan moontlik.

Dit is ideaal vir elkeen wat belang stel in aktuele, feitelike en historiese gebeure, ideaal vir skoolprojekte en blokraaiselliefhebbers.

Die skrywer Frikkie Wallis, 'n bekende radio-omroeper, woon tans in Johannesburg nadat hy die afgelope paar jaar in George afgesaal het. Sy baie gewilde Vandag in die verlede-rubriek het gereeld verskyn in Insig en is ook uitgesaai op verskeie radiostasies.

Nuusdagboek is ´n lywige 400 bladsye dik en bevat interessante swart-wit fotos. Dit kos R125 en word uitgegee deur Human en Rousseau. Jaco Scholtz kan help met nog inligting by 083-303-0453 en sy e-posadres is jscholtz@humanrousseau.com.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W