Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

The Knysna and Tsitsikamma Forests

´n Nuwe boek ontsluit die geheime van die inheemse woude by Knysna en die Tsitsikamma vir die leek.

Die boek is deur Izak van der Merwe geskryf in opdrag van die Hoofdirektoraat Bosbou van die Departement van Waterwese en Bosbou, sodat die besoeker aan die woude meer kan begryp van wat hy of sy sien.

Die Hoof van Bosbou in die Suid-Kaap, Dag Willems, het by die bekendstelling daarop gewys dat die inheemse woude van die Tuinroete toenemend gewild raak, veral by oorsese besoekers. Tans besoek meer as 100,000 mense per jaar net die Groot Boom in Tsitsikamma en die Tuin van Eden.

Die boek, met ´n voorwoord deur die skrywer van die sogenaamde Bostrilogie, Dalene Matthee, bevat maklik verstaanbare inligting oor die woud-ekologie, die geskiedenis en huidige bestuur van die bosse.

Slegs sowat ´n kwart persent van Suid-Afrika se landoppervlak word deur woude beslaan. Die sowat 60,500 hektaar in die Suid-Kaap is die grootste aaneenlopende inheemse bos in Suid-Afrika en is ´n oorblyfsel van die oer reënwoude wat deur feitlik die hele Afrika gestrek het.

Die boek, The Knysna and Tsitsikamma Forests, bevat interessante inligting oor die uitwerking van die ou Khoikhoi stamme se bedrywighede op die woude en veral die ou houtkappers, wat vir sowat 200 jaar in die bosse gewoon en gewerk het. Dan is daar insiggewende verduidelikings en kaarte oor die verskillende woudtipes, die verskeidenheid bome sowel as al die ander plantvorme, diere en voëls wat aan die woude behoort.

Die boek is tans nog net beskikbaar by die Direktoraat Bosbou se kantoor op Knysna. Skakel Cobri Vermeulen, tel. 044-382-5466, of skryf aan Bosbou Knysna, Privaatsak X12, Knysna, 6570.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W