Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Aan die einde van die reënboog

Terwyl ons nog herkou aan vanjaar se Wêreldbekertoernooi, sal die Springbokke se 1995 hoendervleis-oorwinning vir ewig in rugbygeesdriftiges se gedagtes bly steek. Die man wat ´n groot rol in daardie toernooi, en alles wat daarmee gepaard gegaan het, gespeel het, FranÁois Pienaar, het besluit om oop kaarte te speel en gewone mense insae te gee in wat agter die skerms aangegaan het. Skinderstories en gissings was volop, en hier is nou die volle waarheid - uit Pienaar se perspektief. Die boek se subtitel is nie verniet Die kaalvuis-outobiografie nie.

Aan die einde van die reënboog word uitgegee deur Human & Rousseau, en die uitgewer beskryf die boek in sy publisiteitsmateriaal as ´n lekkerlees můťt vir rugbygeesdriftiges. Dis ´n lekkerlees verhaal waarin Pienaar beskryf hoe hy die Nuwe Suid-Afrika help verenig het tot reënboognasie en daardeur bygedra het tot sy land se hertoelating tot die wêreldtoneel nŠ die apartheidsjare.

Hy vertel onderhoudend hoe hy die Springbokke tydens die 1995-Wêreldbeker aangevoer het - ondanks dwelmskandale, opstootjies op die veld en gerugte van onwettige betalings - en saam met Nelson Mandela daarin geslaag het om die destydse swak beeld van Suid-Afrikaanse rugby in ere te herstel.

Maar Aan die einde van die reënboog onthul ook openlik hoe Pienaar en ander top-spelers voor hertoelating tot wêreldrugby stimulante "soos Smarties" gesluk het - voor en na wedstryde vir energie vir die aan se feesvierings. Hy speel ook oop kaarte oor sy opspraakwekkende weglating uit die Springbokspan. Pienaar is nog aktief betrokke by rugby. Hy het Saracens in Londen van ´n sukkelende tweedeligaklub omtower tot mededingers in eersteligarugby.

Aan die einde van die reënboog is ´n lekker dik boek (320 bladsye) en dit word aangevul met ´n fotoseksie in volkleur. Die Engelse weergawe, Rainbow Warrior, word gelykertyd deur Jonathan Ball uitgegee.

Aan die einde van die reënboog is beskikbaar by boekhandelaars of direk van die uitgewer. Vir meer inligting, skakel Jaco Scholtz by Human & Rousseau, (021) 423-3911.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W