Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Lang skaduwees in Afrika

Lang skaduwees in Afrika Dit is die romantiese liefdesverhale van 'n ouma, ma en kleindogter.

Die roman begin in 1903, en is in tydperke ingedeel: 1877, 1920 en 1944, toe (ouma) Francine saam met ander Afrikaners na die Anglo-Boereoorlog na Kenia getrek het - 'n fassinerende tydperk waaroor daar verbasend min fiksie in Afrikaans verskyn het.

Haar dogter Maia beleef die swierige koloniale Kenia sowel as die afgryse van die Mau-Mau-moorde, en keer terug na Suid-Afrika.

Die laaste reis is die van die kleindogter Christine na hulle eertydse plaas Tene-na-Tene in Kenia. Wat sy hier vind, is nie waarna sy gaan soek het of trouens in haar wildste drome verwag het nie. Die Swahili-woord "Tene-na-Tene" beteken immers "vir ewig en ewig".

'n Valie vol briewe, dagboeke en sketse vorm die spulpunt van die drie vrouekarakters se identiteite. Die boek loop oor van opgekropte gevoelens, verlies, soeke na identiteit, isolasie, buite-egtelike verhoudings en liefde.

Elke vrou - van 20 tot 80 - sal hierdie boek opslurp soos boontjiesop.
Koop / Buy Lang skaduwees in Afrika ...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W