Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Dr. Eve se Seksboek vir Jongmense

Hierdie is die gids waarvoor baie jongmense en ouers gewag het, want dit spreek die vele kwessies oor seksualiteit aan wat hulle meestal moeilik vind om met mekaar te bespreek.

Dr Marlene Wasserman, bekende seksioloog, praat reguit met tieners oor seks - die biologiese veranderinge en kliniese aspekte van hul liggame. Verder praat sy oor voorkoms, selfbeeld, seksualiteit, voorbehoedmiddels, tienerswangerskappe, MIV/VIGS en ander seksueel-oordraagbare infeksies.

Seksuele geweld, seksuele misbruik, veilige seksuele praktyke, die emosionele en morele sy van seksueel aktief wees en die invloed van groepsdruk, geld en ander tegnologiese middels en hul hedendaagse manifestasies word ook bespreek.

Die vyf hoofadelings van die boek is as volg: Jou lewe as 'n tiener, Jou liggaam, Liefde en verhoudings, Seksualiteit, 'n Gesonde liggaam en 'n gesonde gees.

Dr. Eve se Seksboek vir JongmenseMarlene Wasserman (Dr. Eve) is 'n Verhoudings- en Seksterapeut en Kliniese Seksioloog in 'n privaat praktyk. Sy het haar beroep begin deur 'n BA Sosiale Werk Hons. (Cum Laude)-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand te verwerf. Nadat sy 'n Meestersgraad in Kliniese Sosiale Werk, met spesialisering in gesinsterapie, aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat behaal het, word sy 'n internasionaal geakkrediteerde Verhoudings- en Seksterapeut deur AASECT (American Association of Sex Educators, Counsellors and Therapists). In 2000 verwerf Marlene 'n doktorsgraad aan die Institute of Advanced Studies in Human Sexuality, San Francisco, CA, VSA. Marlene is 'n ouer, 'n maat, 'n persoon. Buiten haar praktyk, wat sy volgens internasionale standaarde vir kliniese werk bedryf, is sy ook 'n skrywer, opvoeder, mediapersoonlikheid en 'n seksaktivis. Sy wy haar lewe daaraan om met passie op te voed, in te lig en te verseker dat alle mense seksuele en voortplantingsregte geniet.

Sy is ook die Afrika-redakteur van Sexual and Relationship Therapy, 'n Britsgebaseerde internasionale tydskrif, asook 'n lid van verskeie plaaslike NGO's. Verhoudingwerk met paartjies is 'n groot uitdaging in haar kliniese werk. Marlene skep vele forums vir interaksie met mense oor seksualiteit en verhoudings - soos radio, televisie, haar webwerf (www.dreve.co.za), lesings by die Universiteit van Kaapstad se Mediese Skool en SACAP (South African College of Applied Psychology). Sy is ook 'n sleutelraadgewer vir farmaseutiese maatskappye.

Haar boek Pillowbook (Oshun 2007) is 'n blitsverkoper en reeds in tweede druk. Dit gaan ook oorsee uitgegee word.
Koop / Buy Dr. Eve se Seksboek vir Jongmense ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W