Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Norrevok

Die klim van 'n berg is amper soos die lewenspad. Sonder om nou te erg filosofies te raak - jy staan onder in die vlak en voetheuwels met jou lewe voor jou. Dan pak jy hom aan. Dit gaan gepaard met stampe en stote en swaar. Daar's ook heerlike oomblikke - as jy rus en terugkyk na die pad waarlangs jy gevorder het. Maar ewig wink die kruin, en met hernieude krag stu jy opwaarts …

Die maklik begaanbare wee hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle wee wat met bloedsweet gepaardgaan. Daar waar min ander dit nog gewaag het.

Norrevok, so wil gerugte dit hÍ, is 'n klein ou dorpie net anderkant Novisibirsk in SiberiŽ. Daar waar dit rerig koud raak, soos in minus-40-grade-koud. Maar as jou naam Bakkes is, is die woord norrevok min of meer sinoniem met "nooit boedel oorgee nie …

Mettertyd bied Nepal, Pakistan en Ethiopie net nie meer genoeg van 'n uitdaging nie, en dan neem jou reise jou na toenemend vreemde plekke, daar waarheen die gewone toeris nie graag gaan nie, daar waar net die plaaslike inwoners hul eie taal verstaan. Niks Engels … en nog minder Afrikaans.

NorrevokMaar deur Afrikaans te brabbel en totaal dolli inkapas te pleit, help darem dat mens nie van die Trans-Siberiese trein afgegooi word nie. En met gebaretaal en akteursvernuf kan 'n ou 'n redelike ent kom; as jy byvoorbeeld in Sjina soos 'n mal koei moe en met jou hande bokant jou kop horings naboots en 'n denkbeeldige matador bestorm, kan jy darem keer dat iets aan jou voorgesit word wat eens die naam "Wagter" kon gehad het.
Koop / Buy Norrevok

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W