Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

As jou voete wil gly

As jou voete wil gly

Ons lewe in ´n baie moeilike tyd waarin mense ly onder trauma, siekte, armmoede, werkloosheid, ensovoorts. Die uitgewer Lux Verbi.BM sê Nina Smit het in die jongste tyd besonder bewus geraak van mense se pyn, angs, swaarkry en seerkry en dit het haar genoop om essays te skryf wat hierdie mense kan ondersteun. Sy doen dit met nederigheid en groot respek en empatie vir die gekneusdes.

As jou voete wil gly is ´n baie tydige boek wat sal troos bring vir mense wat voel dat die seerkry en swaarkry van die lewe hulle wil laat knak, hulle voete onder hulle wil laat uitgly. Smit kyk met groot eerlikheid, deernis en empatie na die tye wanneer dinge met mense gebeur wat hulle selfs laat twyfel aan God se liefde vir hulle - wanneer onverklaarbare en onverstaanbare rampe hulle en ander tref wat hul nie met God se liefde vir hulle kan laat rym nie. Sy verstaan dat dit bitter moeilik is om te bly glo of vertrou wanneer swaarkry en seerky lank aanhou.

Hierdie boek sal Christene beslis moed gee en is só geskryf dat dit maklik lees - veral vir dié wat in depressie gedompel is, moedeloos en verward is en sukkel om te konsentreer. Die uitleg is ook van so ´n aard dat die kort stukkies wat as reddinggordels aangebied word, die oog vinnig vang.

As jou voete wil gly is die ideale geskenk vir dié wat swaarkry. Dit sal hulle help en is geen pienk boekie nie.
Koop As jou voete wil gly...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W